SA ambassadeur het 72 uur om Amerika te verlaat

Loading player...
Suid-Afrika se uitgeskopte ambassadeur in Amerika, Ebrahim Rasool, is 72 uur gegee om die land te verlaat. Rasool se uitsetting volg op sy opmerkings tydens 'n webinar gereël deur die dinksentrum, die Mapungubwe Institute for Strategic Reflection. Hy het onder meer die Amerikaanse president Donald Trump se administrasie beskuldig van rassisme en oppermagtigheid. Intussen het AfriForum gesê die voorval is 'n bewys dat die ANC se diplomatieke dobbelspel misluk en die land en sy mense duur te staan sal kom. Die uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel, beklemtoon dat die ANC-leiers en Rasool, as 'n ontplooide kader, direkte verantwoordelikheid moet aanvaar vir die diplomatieke flater:
16 Mar 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Saara spreek NV-personeel toe

Die speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, het haar eerste toespraak aan die personeel van die Nasionale Vergadering gelewer. Tydens haar toespraak het sy oor verskeie operasionele strukture binne die parlement gepraat. Een van die dinge wat sy aangespreek het, was die begroting wat aan die Nasionale Vergadering toegeken…
25 Apr 3AM 1 min

BTW is die minste van GNU se bekommernisse

'n Ekonoom aan die Stellenbosse Bestuurskool, André Roux, sê om BTW onveranderd te hou is goeie nuus, maar hy waarsku die regering moet nog 'n groot begrotingsgaping regstel. Hy voeg by met die laer ekonomiese groei wat verwag word, sal belastinginkomste selfs verder krimp. Roux glo die beste oplossing is…
25 Apr 3AM 1 min

Olie en gas... plaaslike inhou weer beklemtoon

Tydens die Internasionale Energiekonferensie het adjunk-eerste minister en minister van myne en energie, Natangwe Ithete, die belangrikheid daarvan beklemtoon om Namibië se natuurlike hulpbronne verantwoordelik te bestuur om te verseker dat alle Namibiërs gelyke voordeel trek. Hy beklemtoon dat die land 'n spilpunt vir innovasie, verwerking en vervaardiging moet word…
25 Apr 2AM 1 min

Beurtkrag afgestel, 2 000MW bygevoeg

Eskom sê fase-twee beurtkrag wat gistermiddag weens verlies aan opwekkingseenhede en 'n groter as verwagte aanvraag ingestel is, is teen middernag opgehef. Dit volg na die herwinning van sowat 2 015 megawatt se opwekkingsvermoë, 'n verwagte afname in aanvraag en voldoende noodreserwes. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê hulle sal…
25 Apr 2AM 1 min

Geen SME-konsultasies vir begroting nie

Die finansministerie onder voormalige lynminister Ipumbu Shiimi het dikwels die burgerlike samelewing betrek om insette oor begrotingsprioriteite in te samel. Onder die konsekwent geopperde probleme was die nodigheid vir steun aan die informele ekonomie, SME’s en die kreatiewe sektor. Konsultasies het egter nie vanjaar plaasgevind nie. Kosmos 94.1 Nuus het…
25 Apr 2AM 1 min