Fonds op pad vir aangehoudenes om borgtog te kan betaal

Loading player...
Die Geregtelike Inspektoraat van Korrektiewe Dienste, gaan met die ondersteuning van die Berthasentrum, 'n borgtogfonds bekendstel om aangehoudenes te help wat nie borgtog kan bekostig nie. Meer as 2 600 verhoorafwagtende gevangenes bly agter tralies omdat hulle nie borgtog van minder as 1 000 Suid-Afrikaanse rand kan betaal nie. Regter Edwin Cameron het aan Newzroom Afrika gesê die fonds beoog om armoedsgedrewe aanhouding en samedromming aan te spreek. Hy beklemtoon die insiatief se onafhanklikheid, en die fokus op lae-risiko oortreders met onbenullige oortredings.
19 Mar 12PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Woede oor Okahandja wat Ingrid-optog wil keer

Die Okahandja-munisipaliteit keer vir ‘n betoging wat vir 29 April beplan was. Inwoners soek geregtigheid vir die vyf-jarige Ingrid Maasdorp wat op 20 Maart vermis geraak het en verkrag en vermoor gevind is. Inwoners en aktiviste is woedend en die dorp se burgemeester Beatrice Kotungondo het uitgereik na die nasionale…
24 Apr 4AM 1 min

Geen streek op Aarde kan klimaatsverandering vryspring nie

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê geen streek gaan die toenemende katastrofes weens klimaatsverandering vryspring nie en voeg by die krisis vererger armoede, konflik en onbestendigheid. Guterres en president Luiz Inácio Lula da Silva van Brasilië was gister medevoorsitters van die Klimaat-leiersberaad wat deur 17 leiers van groot…
24 Apr 4AM 1 min

Nog water op pad na die Oranje, Vaaldam se sluise verder getrek

Nog water is op pad na die Oranjerivier met ‘n derde sluis wat by die Vaaldam oopgetrek is. Die buurland se waterowerhede sê die dam is tans amper 109 persent vol en nog ‘n sluis sal waarskynlik vandag oopgetrek moet word. Woordvoerder Wisane Mavase…
24 Apr 3AM 1 min

Etosha se pad-opknapping duur tot November

Die omgewingministerie het begin met die eerste fase om die gruispad van Okaukuejo na King Nehale-hek in Etosha na 'n lae volume teerpad op te gradeer. Padgebruikers en toeriste word versoek om die padtekens te volg. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ndeshipanda Hamunyela, die ministerie se woordvoerder, wat meer…
24 Apr 3AM 1 min