Reekskaper (weer) vasgetrek, hopelik sit hy nou

Loading player...
Die polisie in KwaZulu-Natal het 'n 41-jarige Mosambiekse burger in hegtenis geneem wat gekoppel word aan verskeie voorvalle van voertuigdiefstalle en kapings in Emanguzi. Die verdagte is voorheen in Gauteng en Mpumalanga skuldig bevind en is Maandag met 'n gesteelde vragmotor en sleepwaens betrap. Owerhede kon die voertuig met 'n onlangse kaping verbind. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê hy was uit op borgtog vir soortgelyke misdade:
20 Mar 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hoe lyk Mei se brandstofprys?

Die komitee wat die brandstofpryse in Mei sal bepaal ontmoet vandag en 'n aankondiging kan moontlik Vrydag gemaak word. Hoewel die olieprys en die waarde van die Amerikaanse dollar gesak het, heers daar wêreldwyd ekonomiese onsekerheid. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Cirrus ekonoom Oliver Diggle, wat 'n uiteensetting…
24 Apr 12AM 1 min

Veteraan aktivis Tjaronda gesels oor SONA verwagtinge

Alle oë sal vandag op president Netumbo Nandi-Ndaitwah wees wanneer sy haar eerste staatsrede in die parlement lewer. Die fokus sal veral wees op die regering se planne om nypende landskwessies aan te spreek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die maatskaplike aktivis Sandy Tjaronda, wat sy mening gee oor…
24 Apr 12AM 1 min

DA sleep Sol Plaatjie-munisipaliteit Menseregtekommissie toe

Die DA in die Noord-Kaap sê dit het die Sol Plaatje-munisipaliteit by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie verkla. Dit volg nadat die munisipaliteit versuim het om ’n gebreekte rioolpyp te herstel, wat veroorsaak dat riool in ’n oop stormwaterkanaal in Floors, Kimberley, inloop. George Joseph van die DA sê die pyp, langs…
23 Apr 11PM 1 min

Duisende Katolieke kom bymekaar vir pous Franciskus

Duisende Katolieke gelowiges, insluitend kardinale en nonne, het reeds verby pous Franciskus se kis beweeg waar hy in die Vatikaan in staatsie lê, ten spyte van 'n oënskynlik eindelose tou mense. SkyNews se Europese korrespondent, Adam Parsons, was deel van 'n persgroep wat afsonderlik ingelaat is. Hy beskryf die ervaring.
23 Apr 11PM 1 min

Transmissie-stelselkode sluit nou kuberveiligheid in

Die hersiene transmissie-stelselkode, wat oorspronklik in 2018 bekendgestel is, is opgedateer om tegnologiese vooruitgang en veranderinge in die kragvoorsieningsbedryf te weerspieël. Dit sluit onder meer in die gewysigde enkelkoper-markmodel en 'n toegewyde kubersekuriteit-afdeling om stelselbeskerming te verbeter. Petrus Johannes, die uitvoerende beampte van tegniese regulering by die Elektrisiteitsbeheerraad, het by…
23 Apr 12PM 1 min