
DA sleep Sol Plaatjie-munisipaliteit Menseregtekommissie toe
Loading player...
Die DA in die Noord-Kaap sê dit het die Sol Plaatje-munisipaliteit by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie verkla. Dit volg nadat die munisipaliteit versuim het om ’n gebreekte rioolpyp te herstel, wat veroorsaak dat riool in ’n oop stormwaterkanaal in Floors, Kimberley, inloop. George Joseph van die DA sê die pyp, langs die kanaal in Recreationweg, is in Desember verlede jaar deur ’n graafmasjien beskadig tydens munisipale skoonmaakwerk: