Veteraan aktivis Tjaronda gesels oor SONA verwagtinge

Loading player...
Alle oë sal vandag op president Netumbo Nandi-Ndaitwah wees wanneer sy haar eerste staatsrede in die parlement lewer. Die fokus sal veral wees op die regering se planne om nypende landskwessies aan te spreek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die maatskaplike aktivis Sandy Tjaronda, wat sy mening gee oor wat aandag moet geniet.
24 Apr 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Woede oor Okahandja wat Ingrid-optog wil keer

Die Okahandja-munisipaliteit keer vir ‘n betoging wat vir 29 April beplan was. Inwoners soek geregtigheid vir die vyf-jarige Ingrid Maasdorp wat op 20 Maart vermis geraak het en verkrag en vermoor gevind is. Inwoners en aktiviste is woedend en die dorp se burgemeester Beatrice Kotungondo het uitgereik na die nasionale…
24 Apr 4AM 1 min

Geen streek op Aarde kan klimaatsverandering vryspring nie

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê geen streek gaan die toenemende katastrofes weens klimaatsverandering vryspring nie en voeg by die krisis vererger armoede, konflik en onbestendigheid. Guterres en president Luiz Inácio Lula da Silva van Brasilië was gister medevoorsitters van die Klimaat-leiersberaad wat deur 17 leiers van groot…
24 Apr 4AM 1 min

Nog water op pad na die Oranje, Vaaldam se sluise verder getrek

Nog water is op pad na die Oranjerivier met ‘n derde sluis wat by die Vaaldam oopgetrek is. Die buurland se waterowerhede sê die dam is tans amper 109 persent vol en nog ‘n sluis sal waarskynlik vandag oopgetrek moet word. Woordvoerder Wisane Mavase…
24 Apr 3AM 1 min

Etosha se pad-opknapping duur tot November

Die omgewingministerie het begin met die eerste fase om die gruispad van Okaukuejo na King Nehale-hek in Etosha na 'n lae volume teerpad op te gradeer. Padgebruikers en toeriste word versoek om die padtekens te volg. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ndeshipanda Hamunyela, die ministerie se woordvoerder, wat meer…
24 Apr 3AM 1 min