Giwusa eis dat SARB rentekoerse verlaag

Loading player...
Die vakbond Giwusa eis dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank die rentekoers verlaag om dit in ooreenstemming te bring met die huidige inflasiekoers van 3,2-persent. Die Reserwebank se monetêre beleidskomitee kondig vandag sy besluit oor rentekoerse aan. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê die hoofdoel van rentekoerse moet die beskerming van werkers se spaargeld, pensioene en lone wees, en nie om winste te verhoog vir ʼn bankkartel wat met finansiële markte woeker nie:
20 Mar 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hoe lyk Mei se brandstofprys?

Die komitee wat die brandstofpryse in Mei sal bepaal ontmoet vandag en 'n aankondiging kan moontlik Vrydag gemaak word. Hoewel die olieprys en die waarde van die Amerikaanse dollar gesak het, heers daar wêreldwyd ekonomiese onsekerheid. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Cirrus ekonoom Oliver Diggle, wat 'n uiteensetting…
24 Apr 12AM 1 min

Veteraan aktivis Tjaronda gesels oor SONA verwagtinge

Alle oë sal vandag op president Netumbo Nandi-Ndaitwah wees wanneer sy haar eerste staatsrede in die parlement lewer. Die fokus sal veral wees op die regering se planne om nypende landskwessies aan te spreek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die maatskaplike aktivis Sandy Tjaronda, wat sy mening gee oor…
24 Apr 12AM 1 min

DA sleep Sol Plaatjie-munisipaliteit Menseregtekommissie toe

Die DA in die Noord-Kaap sê dit het die Sol Plaatje-munisipaliteit by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie verkla. Dit volg nadat die munisipaliteit versuim het om ’n gebreekte rioolpyp te herstel, wat veroorsaak dat riool in ’n oop stormwaterkanaal in Floors, Kimberley, inloop. George Joseph van die DA sê die pyp, langs…
23 Apr 11PM 1 min

Duisende Katolieke kom bymekaar vir pous Franciskus

Duisende Katolieke gelowiges, insluitend kardinale en nonne, het reeds verby pous Franciskus se kis beweeg waar hy in die Vatikaan in staatsie lê, ten spyte van 'n oënskynlik eindelose tou mense. SkyNews se Europese korrespondent, Adam Parsons, was deel van 'n persgroep wat afsonderlik ingelaat is. Hy beskryf die ervaring.
23 Apr 11PM 1 min

Transmissie-stelselkode sluit nou kuberveiligheid in

Die hersiene transmissie-stelselkode, wat oorspronklik in 2018 bekendgestel is, is opgedateer om tegnologiese vooruitgang en veranderinge in die kragvoorsieningsbedryf te weerspieël. Dit sluit onder meer in die gewysigde enkelkoper-markmodel en 'n toegewyde kubersekuriteit-afdeling om stelselbeskerming te verbeter. Petrus Johannes, die uitvoerende beampte van tegniese regulering by die Elektrisiteitsbeheerraad, het by…
23 Apr 12PM 1 min