
Namibië moet hande vat, sê NNN op geskiedkundige inswering
Loading player...
Die presidente van Mosambiek, Angola, die DRK, Suid-Afrika, Zambië, Botswana, Saharawi-republiek, Kenia, Tanzanië, sowel as die adjunk-presidente van Malawi, Ghana en Uganda saam met verskeie voormalige presidente en ander hooggeplaastes, het die inhuldiging van president Netumbo Nandi-Ndaitwah bygewoon. Sy die deur die hoofregter, Peter Shivute by Staatshuis ingesweer. Nandi-Ndaitwah is die 11de vroulike president in Afrika en Namibië se vyfde. Die uittredende president Nangolo Mbumba het hulde aan haar baanbreker oomblik gebring.