
Bulle reg om Leinster te pak
Loading player...
Die Bulle verwelkom vanmiddag die voorloper op die Verenigde Rugbykampioenskaps-punteleer, die Ierse span Leinster, in Pretoria. Afskoptyd op Loftus is vyf-uur - dieselfde tyd as wat die kragmeting tussen die Stormers en Scarlets in Wallis begin. Vroeër speel die Haaie in 'n tuiswedstryd teen Zebre van Italië in Durban. Die Leeus het gisteraand in die Walliese hoofstad 20-17 teen Cardiff verloor en bly in die agtste posisie. Glasgow is tans tweede op die punteleer, gevolg deur die Bulle en die Haaie. Die Stormers lê twaalfde. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Willem Strauss, die president van die Blou Bulle, oor hul kragmeting met Leinster.