Kaapstad spaar miljoene liter water

Loading player...
Die Stad Kaapstad se direktoraat water en sanitasie en die Groter Kaapstad-waterfonds het byna 63 000 hektaar uitheemse plantspesies verwyder. Die opruiming van hierdie uitheemse plante is deel van die stad se veelvoudige Nuwe Waterprogram, wat beoog om teen 2030 'n ekstra 300 miljoen liter water per dag by die stad se watervoorsiening te voeg. Die LUR vir water en sanitasie, Zahid Badroodien, sê die watervoordele wat tot dusver behaal is, herwin 48 miljoen liter per dag:
23 Mar 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Transmissie-stelselkode sluit nou kuberveiligheid in

Die hersiene transmissie-stelselkode, wat oorspronklik in 2018 bekendgestel is, is opgedateer om tegnologiese vooruitgang en veranderinge in die kragvoorsieningsbedryf te weerspieël. Dit sluit onder meer in die gewysigde enkelkoper-markmodel en 'n toegewyde kubersekuriteit-afdeling om stelselbeskerming te verbeter. Petrus Johannes, die uitvoerende beampte van tegniese regulering by die Elektrisiteitsbeheerraad, het by…
23 Apr 12PM 1 min

Forum sê Mashatile-sluipmoordpoging klink na 'n storie

Die Activists and Citizens Forum sê die storie rakende 'n sluipmoord-poging op adjunkpresident Paul Mashatile, klink soos 'n storie wat binne ANC-faksies opgedis is. Die forum se woordvoerder, Dennis Bloem, sê hulle glo as dit waar was, sou die land omgekeer word om die verdagtes in die sogenaamde sluipmoordpoging op…
23 Apr 12PM 1 min

Stad Windhoek keer terug na boorgate na pyplyn breek

NamWater se pyplyn van Von Bachdam se suiweringsaanleg na die hoofstad sal moontlik 24 uur neem om te herstel. Die pyp het weer naby Elisenheim gebreek, wat die grootmaat watertoevoer na die stad onderbreek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Lydia Amutenya, Stad Windhoek se woordvoerder, wat sê boorgate sal…
23 Apr 11AM 1 min

Gereelde brande by SA staatsgeboue wek kommer

Die Vereniging van Staatsamptenare sê die reeks brande wat die afgelope paar jaar verskeie regeringsgeboue verwoes het, hou 'n bedreiging in vir die veiligheid van staatsamptenare en ondermyn die integriteit van nasionale instellings. Dit sluit die Parlementgebou, Tembisa-hospitaal en die Maatskaplike Ontwikkeling-gebou in Durban in. Claude Naiker van die vakbond…
23 Apr 11AM 1 min

Namibië deel van nuwe Drag and Vogue Beyond Borders-projek

Namibië, Kenia, Suid-Afrika en Duitsland het Drag and Vogue Beyond Borders in die hoofstad bekendgestel. Die projek is opgedeel in vyf internasionale fases wat insluit Pride-parades in Washington DC en Berlyn, 'n Pride-konferensie in Berlyn sowel as 'n vieringsdag in Nairobi, met 'n finale Pride-parade in Namibië. Die eerste fase…
23 Apr 10AM 1 min