
Gaza ly erg honger
Loading player...
Die Verenigde Nasies se agentskap vir Palestynse vlugtelinge, UNRWA, sê die streng Israelse blokkade van humanitêre voorrade kan ʼn hongerkrisis in Gaza veroorsaak. Meer as 50 000 Palestyne is volgens berigte dood sedert Israel se militêre aanval ná die slagting op 7 Oktober 2023 begin het. Israel het verlede week sy veldtog in Gaza hervat na ʼn skietstilstand van byna twee maande. Sam Rose van UNRWA sê elke dag sonder hulp in die streek beteken kinders gaan honger slaap, siektes versprei en tekorte neem toe: