Hoë gastehuis-besetting in Januarie het 'n rede

Loading player...
Die Namibiese Statistieke-agentskap se jongste besettingskoers-verslag wys dat gastehuise in Januarie die beste gevaar het, met 'n koers van 47,1 persent. Die nasionale besettingskoers het met amper 16 persent teenoor Desember gedaal, maar op ‘n jaargrondslag net met 0,2 persent. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Namibiese Gasvryheidsvereniging, wat die syfers verduidelik.
24 Mar 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Stad Windhoek keer terug na boorgate na pyplyn breek

NamWater se pyplyn van Von Bachdam se suiweringsaanleg na die hoofstad sal moontlik 24 uur neem om te herstel. Die pyp het weer naby Elisenheim gebreek, wat die grootmaat watertoevoer na die stad onderbreek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Lydia Amutenya, Stad Windhoek se woordvoerder, wat sê boorgate sal…
23 Apr 8AM 1 min

Gereelde brande by SA staatsgeboue wek kommer

Die Vereniging van Staatsamptenare sê die reeks brande wat die afgelope paar jaar verskeie regeringsgeboue verwoes het, hou 'n bedreiging in vir die veiligheid van staatsamptenare en ondermyn die integriteit van nasionale instellings. Dit sluit die Parlementgebou, Tembisa-hospitaal en die Maatskaplike Ontwikkeling-gebou in Durban in. Claude Naiker van die vakbond…
23 Apr 8AM 1 min

Namibië deel van nuwe Drag and Vogue Beyond Borders-projek

Namibië, Kenia, Suid-Afrika en Duitsland het Drag and Vogue Beyond Borders in die hoofstad bekendgestel. Die projek is opgedeel in vyf internasionale fases wat insluit Pride-parades in Washington DC en Berlyn, 'n Pride-konferensie in Berlyn sowel as 'n vieringsdag in Nairobi, met 'n finale Pride-parade in Namibië. Die eerste fase…
23 Apr 7AM 1 min

Wat doen gesondheidministerie aan malaria, wil Kambala weet

Die AR-parlementslid George Kambala het in die Nasionale Vergadering gesê Namibiërs het nog nie nuwe gesondheidminister Esperance Luvindao gesien nie. Hy het haar uitgevra oor die styging in malaria-gevalle en of die ministerie maatreëls ingestel het om infeksies te elimineer. Luvindao het so geantwoord:
23 Apr 7AM 1 min

As SA se ekonomie verswak, sal Namibië s'n volg

Reaksie word ontvang op berigte dat die Internasionale Monetêre Fonds die buurland se ekonomiese groeiverwagting vir 2025 na 1 persent hersien, wat beduidend laer is as die Nasionale Tesourie se vooruitskatting van 1,5 persent in Januarie. Die finansminister, Enoch Godongwana, het verlede maand nog 'n groeikoers van 1,7 persent vir…
23 Apr 7AM 1 min