
Herbou van brug op B1-Suid sal 7 maande neem
Loading player...
Die Paaie-owerheid is bekommerd oor uitgebreide skade aan nasionale paaie ná swaar reënval regoor die land. Die uitvoerende hoof, dr. Conrad Lutombi het saam met die nuwe vervoerminister Veikko Nekundi inspeksie uitgevoer by die ompad wat gebou is net suid van die Aris-weegbrug op die B1 Suid van die hoofstad. Om die verbinding tussen Windhoek en Rehoboth te herstel, het die RA 'n tydelike verbypad gebou teen ‘n koste van 10 miljoen Namibiese dollar.