
George lei die G20-werkgroep oor die omgewing
Loading player...
Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, sal die G20-werkgroep oor die omgewing en klimaat-volhoubaarheid lei as deel van Suid-Afrika se presidentskap van die G20. Die werkgroep se eerste virtuele vergadering vind Dinsdag plaas. George sê Suid-Afrika sal tydens sy presidentskap klem plaas op onder meer biodiversiteit en bewaring, grond-agteruitgang, die bestuur van chemiese- en ander afval, klimaatsverandering en luggehalte, en die bestuur van oseane en kusgebiede: