Politieke onmin bedreig regering van eenheid in SA

--:--
Die politieke toneel in Suid-Afrika is tans een van onsekerheid, met kenners wat waarsku dat daar 'n rowwe tyd voorlê. Die onmin tussen die DA en ANC oor die begroting en ander wette hou 'n bedreiging in vir die regering van nasionale eenheid. Kenners waarsku dat die DA nie self uit die regering moet stap nie, want dan kan die party die sondebok gemaak word vir moontlike onstabiliteit. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke ontleder professor Andre Duvenhage gepraat wat sy mening lug.
4 Apr 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namibië, Spanje gaan saamwerk op groenwaterstof-gebied

Die groenwaterstofprogram het ‘n memorandum van verstandhouding met die Spaanse Waterstofvereniging onderteken. Deur die samewerking hoop die twee lande om groen industrialisasie en globale ontkoling aan te dryf. Die groenwaterstofkommissaris James Mnyupe sê beide lande wil ekonomiese aktiwiteite diversifiseer.
16 Apr 12PM 1 min

ANC 'het kiesers vervreem', DA voor in peiling

Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê die ANC het kiesers vervreem met sy voortgesette navolging van ongewilde sosio-ekonomiese beleid. Die DA het die ANC die eerste keer in ʼn IRR-meningspeiling verbygesteek. Hermann Pretorius van die instituut sê een van die kenmerke van die jongste peiling is die idee dat politiek voortaan…
16 Apr 12PM 1 min

Shack Dwellers-federasie lig dienste-suksesse uit

Die stedelike ontwikkelingsministerie beplan om 10 000 erwe jaarliks te diens teen 2027. Die nuwe lynminister James Sankwasa sê die Build Together-program moet herleef word en saam met die Shack Dwellers-federasie moet lae- tot middelinkomste huise gebou word. Heinrich Amushila van die federasie het hulle suksesse met Kosmos 94.1 Nuus…
16 Apr 11AM 1 min

Bellingham glo Real Madrid kan Arsenal klop

Sokker: Die middelveldspeler Jude Bellingham sê die tweede kragmeting in hul Kampioeneliga-kwarteindstryd teen Arsenal is 'n geleentheid vir Real Madrid om te presteer. Die heersende Europese kampioen sal vanaand op die Bernabéu-stadion probeer om 'n agterstand van 3-0 om te keer. Madrid het slegs een keer in sy geskiedenis van…
16 Apr 11AM 1 min

Meer openbare laaistasies vir elektriese voertuie op pad

Elektriese voertuie is besig om vastrapplek in Namibië te kry, wat die behoefte aan toeganklike laai-opsies uitlig. Die Grove Mall in Windhoek het nou die land se eerste openbare laaistasie, wat met die hulp van hernubare energie-voorstaanders Jens Denk en Conrad Roeder van stapel gestuur is. Kosmos 94.1 Nuus het…
16 Apr 10AM 1 min