NNN: Ontleder sê hy stel nie belang in geslag nie, maar bevoegdheid

Loading player...
Die kabinet van president Netumbo Nandi-Ndaitwah maak steeds opslae, veral oor die hoë getal vroue in die regering. Die president het met Al Jazeera ‘n onderhoud gevoer as die land se eerste vroue-president. Rui Tyitende, ‘n politieke ontleder, sê aan Henock TV dat hy meer belangstel in die bevoegdheid van die regering, as die geslag.
8 Apr 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Drie leeus in Mpumalanga steeds op vrye voet

Wildbewaarders in Mpumalanga het een van die vier leeus wat verlede Sondag uit die Krugerwildtuin ontsnap het gevang. Die leeumannetjie is in Huntington opgespoor en is tans in die sorg van die Mpumalanga-toerisme en parke-agentskap. Drie leeus is steeds weg, en word tans in nabygeleë dorpe gesoek. Simphiwe Shungube van…
20 Apr 6AM 1 min

Immanuel vra vir toewyding in parlement

Justisie- en arbeidsverhoudinge minister Wise Immanuel het in sy eerste parlementêre toespraak benadruk dat die huis nie 'n platform vir berugtheid moet wees nie, maar 'n plek wat toegewy is aan wetgewing teen armoede, honger, ongeletterdheid, misdaad en haweloosheid. Hy sê dit kan slegs bereik word deur opregte toewyding en…
20 Apr 5AM 1 min

Cosatu waarsku teen BTW-regstappe

Cosatu waarsku dat regstappe teen die voorgestelde BTW-verhoging die land se belastingstelsel kan destabiliseer. Parlementêre koördineerder Matthew Parks het die risiko vir fiskale stabiliteit beklemtoon. COSATU staan die 0,5-persentasiepunt BTW-verhoging wat op 1 Mei in werking tree, teen. Parks sê hy steun alternatiewe inkomstebronne, soos welvaartbelasting en hoër maatskappybelasting, om…
20 Apr 5AM 1 min

Daggadag met betoging in Windhoek gevier

Internasionale 4/20-dag word elke jaar deur marijuana-voorstanders gevier en word dikwels gebruik vir voorspraak vir die plant se wettiging. Die Ganja Users of Namibia-groep hou vandag 'n protesaksie vir die vrylating van veroordeelde daggagebruikers. Die proses sal by die oop ruimte by TransNamib begin. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met…
20 Apr 3AM 1 min

Netanhayu: 'Israel sal aanhou veg'

Die eerste minister van Israel Benjamin Netanyahu het die land se weermag beopdrag om druk op Hamas te verskerp nadat die Palestynse militante groep 'n tydelike wapenstilstandsvoorstel verwerp het. In ‘n televisie-uitsending Saterdag het Netanyahu gesê dat hoewel oorlog 'n duur prys meegebring het, Israel geen ander keuse het as…
20 Apr 2AM 1 min