
Het plaaslike owerhede genoeg geld om slaggate reg te maak?
Loading player...
Die slaggate in Windhoek is besig om 'n veiligheidsbedreiging te word. Die Stad Windhoek sê egter hulle sal eers die paaie kan herstel na die reënseisoen. Die Swapo-LP Tobie Aupindi het die kwessie in die Nasionale Vergadering geopper en gesê dat die stad gedagvaar kan word as privaat eiendom beskadig word of as daar lewensverliese is. Landelike en stedelike ontwikkeling-minister James Sankwasa het geantwoord dat uitstaande skuld aan munisipaliteite betaal moet word sodat hulle sulke herstelwerk kan bekostig.