Vakbond het kommer oor Openbare Beleggingskorporasie se geldmors

Loading player...
Die Vereniging van Staatsamptenare sê hy is bekommerd oor die voortgesette onreëlmatige uitgawes by die Openbare Beleggingskorporasie, soos uitgelig in 'n onlangse ondersoek deur die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge. Claude Naiker van die vakbond sê die OBK het oor die afgelope vyf jaar meer as 467,7-miljoen Suid-Afrikaanse rand aan onreëlmatige uitgawes en 558-miljoen-rand aan onnodige en verkwistende uitgawes aangegaan. Hy sê die Ouditeur-generaal het aanbeveel dat interne beheermaatreëls versterk word, ondersoeke na onreëlmatige uitgawes bespoedig word en streng nakoming van finansiële bestuurswetgewing verseker word.
9 Apr 12PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nuwe Erongo-streekraadvoorsitter sit prioriteite uiteen

Die nuutverkose voorsitter van die Erongo-streekraad, Donatus Tegako, het belowe om politieke onenigheid onder raadslede aan te pak en dienslewering te prioritiseer. Tegako, wat Benita Imbamba vervang het ná 'n mosie van wantroue in haar, het belowe om alle raadslede te ondersteun, en die implementering van ontwikkelingsprojekte aan te jaag…
17 Apr 12PM 1 min

Onderbefondsing van SA weermag 'skep grensgevaar'

Die voorsitter van die Gesamentlike Staande Komitee oor Verdediging, Malusi Gigaba, waarsku die volgehoue onderbefondsing van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag stel die grensveiligheid van die land in gevaar. Gigaba het in gesprek met SABC News gesê internasionale geloofwaardigheid en ekonomiese groei is nou in die gedrang omdat verdedigingsbesteding afgeneem het…
17 Apr 12PM 1 min

Eerste minister spreek NV toe

Eerste minister Elijah Ngurare het sy nooienstoespraak in die Nasionale Vergadering gelewer. Hy het sy politieke reis as jeugaktivis begin. Ngurare is in 2015 uit Swapo geskop saam met AR-leier Job Amupanda, Dimbulukeni Nauyoma en George Kambala, oor wat die destydse sekretaris -generaal Nangolo Mbumba onversoenbare gedrag genoem het. Sy…
17 Apr 11AM 1 min

SA veroordeel Israel se vernietiging van hospitale

Die Suid-Afrikaanse regering het die aanvalle op burgerlike teikens in Gaza veroordeel. In die jongste voorval het Israel ʼn missielaanval uitgevoer op die al-Ahli Arab-hospitaal in Gaza Stad. Die hospitaal se intensiewesorg- en operasie-departement is in die aanval vernietig. Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking se woordvoerder, Chrispin Phiri,…
17 Apr 11AM 1 min

Haweloses in stadions gaan hervestig word

Die nuwe Khomas-goewerneur, Sam Shafiishuna Nujoma, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die haweloses wat in Maart 2020 by die stadions in Khomasdal en Katutura gevestig is. Sedertdien het getalle toegeneem en meer en meer mense het daar ingetrek, insluitend lede van die verre noordweste se Himba-stamme. Na Nujoma…
17 Apr 11AM 1 min