
Ses dood toe helikopter in Hudsonrivier, New York val
Loading player...
Ses mense insluitend drie kinders is dood nadat ʼn helikopter wat passasiers vervoer in die Hudsonrivier in New York neergestort het. Amptenare sê die helikopter het in die lug opgebreek en onderstebo in die rivier neergestort. Vyf van die passasiers was ʼn gesin van Spanje en die sesde persoon was die vlieënier. New York Stad se polisiekommissaris, Jessica Tisch, sê die Nasionale Vervoerveiligheidsraad sal die ondersoek na die ongeluk lei: