
Minderheid van Zim-boere aanvaar regering se 'vergoeding'
Loading player...
Die Zimbabwiese regering is besig om vergoedingsbetalings aan voormalige plaaseienaars uit te betaal. Sowat 59,3-miljoen Namibiese dollar is reeds uitbetaal aan die eerste 378 plase uit 'n totaal van 740 wat goedgekeur is vir vergoeding. Kosmos 94.1 nuus het gepraat met Deon Theron, die voormalige president van Zimbabwe se kommersiële boere-unie, wat sê die meeste boere het nie wat hulle glo is 'n swak aanbod aanvaar nie.