
Raymond Parsons het raad vir GNU oor tariewe
Loading player...
Die ekonomie-professor aan die Noordwes-universiteit se Sakeskool, Raymond Parsons, sê Suid-Afrika moet die uitstel van 90 dae op Amerikaanse tariewe gebruik om ʼn beter ooreenkoms te onderhandel. Die land staar tariewe van 31-persent in die gesig op belangrike uitvoere na Amerika. Meer as 60 lande sal egter steeds president Donald Trump se oorhoofse invoertarief van tien-persent moet betaal. Raymond sê Suid-Afrika se onderhandeling moet van die standpunt uitgaan dat die Wet op groei en Geleenthede in Afrika nie hernu word nie: