
Rose loop voor in Augusta
Loading player...
Justin Rose van Engeland loop voor met drie houe ná die openingsronde van die Meesterstoernooi in Augusta, Georgia. Die 44-jarige het sewe-onder baansyfer, 65, aangeteken, en daarmee 'n groot voorsprong verkry op die verdedigende kampioen, Scottie Scheffer van Amerika, Swede se Ludvig Åberg en Corey Conners van Kanada. Rory McIlroy van Noord-Ierland het sy jongste aanslag op die titel begin met 72 gelyk aan baansyfer. Rose, wat in sy 20ste Meesters speel, sê sy ervaring op die baan help: