
Kleinsake het uitdagings maar ook drome
Loading player...
Volgens 2024-statistieke is daar ten minste 40 000 klein- en mediumgrootte ondernemings werksaam in die land. Hulle verskaf werk aan meer as 200 000 Namibiërs en dra ongeveer 12 persent van die BBP by. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Bianca Janse van Vuuren, Bank Windhoek se hoof van klein- en mediumgrootte ondernemings, wat uitbrei oor hierdie besighede en hul uitdagings.