Delf Steeds Dieper - 11 April 2025

Loading player...
Heerlik om mense van wie se betsaan jy nie geweet het nie, skielik op sosiale media te ontmoet! Nadia Roux is iemand wat ekself nog nooit in lewende lywe ontmoet het nie, maar wat ‘n getuienis het hierdie meisie nie!! Die oproep van ons Vader ontvang, in Wes Afrika gaan sendingwerk doen en boonop die mooiste gedigte begin skryf. Moenie hierdie gesprek misloop nie. Haar poësie is ook in ‘n boek beskikbaar – MET die pragtigste fotografie om die betekenis uit te lig!! ‘n Pragtige koffietafel boek!
In plaas van Elizabeth Jordaan sal ‘n nasaat van Andrew Murray in die laaste deel van die program my gas wees. Isabel Murray – sy gesels oor ‘n boek wat sy self geskryf het oor die kinders van Andrew Murray en steeds ook oor die kosbare bydrae wat Andrew Murray in SA gehad het.
Hierdie reeks is reeds geruime tyd aan die gang. Vanaf Junie 2024 word hierdie bydraes op potgooi aangebied. Gaan gerus na https://iono.fm/e/1529803 om weer na die hele reeks te luister.
11 Apr Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Delf Steeds Dieper - 15 Aug 2025

Vandag ‘n nuwe onderwerp en ‘n nuwe gas! Ds David Malan daar uit die Kaap, kom verduidelik vir ons intens belangrike dinge wat ons veral in die dae moet verstaan. Hierdie gesprek handel oor die dieper betekenis van die Boek Openbaring. Jy ook al daaroor gewonder? Kom luister en leer…
15 Aug 1 hr 24 min

Delf Steeds Dieper - 8 Aug 2025

Ons groep-gesprek oor die belangrike onderwerp van: “Hoe maak ek dissipels”, word nou gereduseer na ‘n twee-gesprek. Bennie Mostert sal in hierdie program die belangrike elemente van hierdie opdrag en hoe om dit waaragtig deur te voer, vir ons kom vaslê. Moet dit nie misloop nie. Onthou - ons Vader…
8 Aug 1 hr 24 min

Delf Steeds Dieper - 1 Aug 2025

Ons groep van vier gesels andermaal oor die belangrikste opdrag wat ons Messias ons gegee het: Gáán en maak dissipels!! Bennie Mostert, Marianne Peak, Roy Steward en ekself gesels oor die belangrikste opdrag ooit – “Gaan en maak dissipels!” Klink na ‘n eenvoudige opdrag – maar vir elkeen van ons…
1 Aug 1 hr 38 min

Delf Steeds Dieper - 25 Julie 2025

Andermaal ‘n heerlik om ‘n ateljee vol mens te ontvang wat gesels oor die belangrikste opdrag wat ons Messias ons gegee het: Gáán en maak dissipels!! Bennie Mostert, Marianne Peak en Roy Steward gesels saam oor die belangrikste opdrag ooit – “Gaan en maak dissipels!” Hoe doen ons dit? Hoe…
25 Jul 1 hr 37 min

Delf Steeds Dieper 18 Julie 2025

Heerlike voorreg om ‘n ateljee vol mens te ontvang wat gesels oor die belangrikste opdrag wat ons Messias ons gegee het: Gáán en maak dissipels!! Bennie Mostert sal ons prakties leer hoe om met hierdie geweldige opdrag om te gaan. Daar sal ook twee ekstra gaste wees om elke luisteraar…
18 Jul 1 hr 33 min