Meeste werkgewers betaal wel hoër minimumloon

Loading player...
Bykans 87 persent van werkgewers wat deur inspekteurs van die arbeidsministerie besoek is, voldoen aan die vereistes vir die nuwe minimumloon. ‘n Minimumloon van 18 Namibiese dollar per uur geld sedert die begin van die jaar, buiten vir huis- en plaaswerkers, asook sekuriteitswagte. Die woordvoerder van die arbeidsministerie, Maria Hedimbi, het ‘n beroep op werkers gedoen om gevalle waar daar nie aan die minimumloon voldoen word nie, by die ministerie aan te meld. ‘n SMS-lyn vir klagtes sal binne die volgende paar dae in werking gestel word:
13 Apr 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Daggadag met betoging in Windhoek gevier

Internasionale 4/20-dag word elke jaar deur marijuana-voorstanders gevier en word dikwels gebruik vir voorspraak vir die plant se wettiging. Die Ganja Users of Namibia-groep hou vandag 'n protesaksie vir die vrylating van veroordeelde daggagebruikers. Die proses sal by die oop ruimte by TransNamib begin. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met…
20 Apr 3AM 1 min

Netanhayu: 'Israel sal aanhou veg'

Die eerste minister van Israel Benjamin Netanyahu het die land se weermag beopdrag om druk op Hamas te verskerp nadat die Palestynse militante groep 'n tydelike wapenstilstandsvoorstel verwerp het. In ‘n televisie-uitsending Saterdag het Netanyahu gesê dat hoewel oorlog 'n duur prys meegebring het, Israel geen ander keuse het as…
20 Apr 2AM 1 min

Pastoor Brian Philander bring Paasboodskap

Terwyl Paasnaweek landwyd gevier word, word ons herinner om nie die ware boodskap van Paasfees te vergeet nie. Dit is die wederopstanding van Jesus Christus na hy vir ons sondes gesterf het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met pastoor Brian Philander gepraat wat 'n Paasfeesboodskap met luisteraars deel.
20 Apr 1AM 2 min

Aanlyn inkopies toenemend kuberboewe se teiken

Kenners waarsku dat bankkaart-bedrogsindikate toeneem en niksvermoedende verbruikers teiken. Misdadigers gebruik kubermisdaad om toegang tot persoonlike data en bankrekeninge te verkry. World Wide Worx moedig reisigers en kopers aan om waaksaam te bly aangesien bedrieërs aanlyn inkopiegewoontes uitbuit. Athaly Khan van Standard Bank, het gewaarsku teen vals advertensies oor aanlyn…
20 Apr 12AM 1 min

AfriForum Jeug eis deursigtigheid oor beweerde sangoma-seremonie

AfriForum Jeug eis toegang tot die Noordwes-Universiteit se volledige ondersoekverslag oor die ontwrigting in die Eikenhof-vrouekoshuis verlede Sondag. Dit volg ná bewerings van 'n sangoma-seremonie in die koshuis, met studente wat ontstellende gille gerapporteer het. Die universiteit het intussen die bewering ontken, maar Yvonne Gerber van AfriForum vra egter 'n…
19 Apr 5AM 1 min