
McIlroy word sesde speler met Grand Slam loopbaan
Loading player...
Die wêreld se nommer twee, Rory McIlroy, het Justin Rose van Engeland in ʼn uitspeelronde geklop om die Meesters by Augusta National in Georgia te wen en sy loopbaan-Grand Slam te behaal. Die Noord-Ierse speler het ʼn voëltjie op die eerste putjie van die valbylronde aangeteken om sy vyfde Major op te raap en slegs die sesde gholfspeler te word wat met ʼn loopbaan-Grand Slam kan spog. Die verdedigende kampioen, Scottie Scheffler van Amerika, is vierde. McIlroy sê hy is geëerd en trots: