
Namcor vergader met publiek oor Venus-ontwikkeling
Loading player...
Namcor voer saam met Qatar Energy, Total Energies en Impact Oil and Gas 'n omgewings- en sosiale impakstudie uit vir die voorgestelde ontwikkeling van die Venus-ontdekking in Blok 2913B aflandig die Namibiese suidkus. Namcor sal openbare vergaderings in verskeie dorpe aanbied om met gemeenskappe te skakel. Die vergaderings het op 7 April begin en sal op 6 Mei eindig. Meer inligting oor die datums, tye en vergaderplekke kan op die maatskappy se sosiale media-blaaie gevind word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Paulo Coelho, Namcor se woordvoerder.