Delf Steeds Dieper - 25 April 2025

Loading player...
Ons het pas Paasnaweek en daarmee saam die wonder van Pase gevier.
In die kern van Paasfees – staan VERGIFNIS. Kom ons praat weer oor vergifnis – as ons hierdie groot Goddelike wonder nie verstaan of waarlik in ons eie lewe toepas nie, is die vier van die fees wat daaroor gaan, nutteloos. Marianne Peake is ‘n kind van God wat vergifnis verstaan. Kom kuier gerus saam met ons oor hierdie lewensbelangrike onderwerp!!
As ‘n tweede gas in die uitsending, gesels Elizabeth Jordaan verder oor die lewe en invloed wat Andrew Murray in SA gehad het.
Hierdie reeks is reeds geruime tyd aan die gang. Vanaf Junie 2024 word hierdie bydraes op potgooi aangebied. Gaan gerus na https://iono.fm/e/1529803 om weer na die hele reeks te luister.
25 Apr Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Delf Steeds Dieper - 12 Sept 2025

In die Sondagskool het ons die liedjie geleer met die woorde: “Lees jou Bybel , bid elke dag ...” Daardie opdrag geld steeds en word meer belangrik as ooit gesien die dinge wat in die wêreld om ons gebeur! Ekself is tans deel van ‘n groep mense wat die Bybel…
12 Sep 1 hr 28 min

Delf Steeds Dieper - 5 Sept 2025

Suid Afrika is net een van vele lande wat tans toenemend “geterg” word deur dinge in die samelewing wat net nie meer in ‘n sagte stroom wil beweeg nie. Dit is asof ons Almagtige Skepper God toenemend die mens se aandag soek asof om te vra – waar is jou…
5 Sep 1 hr 34 min

Delf Steeds Dieper 22 Aug 2025

Radio Kansel vier verjaardag!! Soveel jare op die lug en soveel kontakte, boodskappe, opdragte ... En alles is genade. Kom vier saam met ons dit wat ons Vader deur hierdie kanaal op die luggolwe van SA toegelaat het! DIE BOEKVOORLESING uit die boek wat Andrew Murray geskryf het, “In die…
22 Aug 1 hr 16 min

Delf Steeds Dieper - 15 Aug 2025

Vandag ‘n nuwe onderwerp en ‘n nuwe gas! Ds David Malan daar uit die Kaap, kom verduidelik vir ons intens belangrike dinge wat ons veral in die dae moet verstaan. Hierdie gesprek handel oor die dieper betekenis van die Boek Openbaring. Jy ook al daaroor gewonder? Kom luister en leer…
15 Aug 1 hr 24 min

Delf Steeds Dieper - 8 Aug 2025

Ons groep-gesprek oor die belangrike onderwerp van: “Hoe maak ek dissipels”, word nou gereduseer na ‘n twee-gesprek. Bennie Mostert sal in hierdie program die belangrike elemente van hierdie opdrag en hoe om dit waaragtig deur te voer, vir ons kom vaslê. Moet dit nie misloop nie. Onthou - ons Vader…
8 Aug 1 hr 24 min