Soektog na man wat in Swakopmund-see inloop duur voort

Loading player...
Op 3 Mei het 'n soektog na 'n onbekende man begin wat volgens die publiek gesien was waar hy op die strand naby die akwarium in Swakopmund rondgedwaal het. Volgens ooggetuies het hy later die see ingestap. Dit is al dag drie van die soektog en gemeenskaplede het 'n vermoede oor die man se identiteit. Kosmos 94.1 Nuus het met lewensredding-vrywilliger Sean Naude gepraat wat 'n opdatering van die soektog gee.
6 May 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Daar's nie korrupsie in verdedigingministerie, sê Mubita

Die AR-beweging se leier, Job Amupanda, het onlangs in die Nasionale Vergadering kennis gegee van vrae wat hy aan verdedigingsminister Frans Kapofi sou stel. Dit gaan oor aanhoudende bewerings van korrupsie in die verdedigingsministerie, veral by die omstrede August 26 Holding Company. Adjunk-verdedigingminister Charles Mubita het die vrae geantwoord en…
20 Jun 10AM 1 min

Bioveiligheid onder die loep, gapings moet toe

Die Namibiese Kommissie vir Navorsing, Wetenskap en Tegnologie werk daaraan om die land se bioveiligheidsraamwerk te versterk deur wetgewende hersiening en verbeterde toetskapasiteit vir geneties gemodifiseerde organismes. Anicia Pieters, die kommissie se uitvoerende hoof, lig belangrike uitdagings uit, insluitend beperkte grensinspeksies, onvoldoende infrastruktuur en lae publieke bewustheid. Sy het tydens…
20 Jun 10AM 1 min

Etzebeth topfiks, kan nie wag om weer te speel

Rugby: Die Springbok-slot Eben Etzebeth sê hy is topfiks en gretig om te speel. Die 33-jarige speler het drie maande van die Verenigde Rugbykampioenskap misgeloop weens harsingskudding wat hy in Desember opgedoen het, en ʼn dyspier wat hy tydens ʼn Springbok-belyningskamp in Maart verrek het. ʼn Besering het hom ook…
20 Jun 10AM 1 min

Kry die truie reg, groot koue is op pad!

Bibberweer word volgende week verwag met 'n sterk kouefront wat op pad is. Sneeu word voorspel in die Kaap en kan die Suide van Namibië ook tref. Kosmos 94.1 Nuus het met weerkenner Johan van den Berg gesels.
20 Jun 10AM 1 min

Oos-Kaap verloor 4 200 huise, 400 skole in vloede

Die waarnemende premier van die Oos-Kaap, Mlungisi Mvoko, sê vloedskade in die provinsie word op vier-miljard Suid-Afrikaanse rand beraam. Meer as 4 200 huise is vernietig, met amper 2 000 wat gedeeltelik beskadig is. Mvoko het bevestig dat meer as 400 skole en 1 500 klaskamers beskadig is, wat meer…
20 Jun 9AM 1 min