EFF sê Brittanje weier visum aan Malema

Loading player...
Die EFF het die Britse Hoë Kommissaris se versuim om sy leier Julius Malema se visumaansoek vir die Verenigde Koninkryk te verwerk, veroordeel. Malema sou hierdie naweek studente by die 11de Jaarlikse Cambridge Africa Together-konferensie by die Universiteit van Cambridge toespreek. Hy het onthul dat hy die weieringsbrief net vier uur voor sy geskeduleerde vertrek op Woensdag ontvang het. EFF se woordvoerder, Thembi Msane, het aan die SABC gesê dit is niks meer is as 'n gebruik van burokratiese prosesse om politieke meningsverskil te onderdruk nie:
8 May 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hofoorwinning in Trustco-saak 'n 'wen vir belastingwetgewing'

NamRA het ‘n verklaring uitgereik rakende sy oorwinning in die saak met Trustco waar 593 miljoen Namibiese dollar in belasting ter sprake was. Die agentskap sê in werklikheid, is dit ‘n oorwinning vir belastingwetgewing in die land en dat die hof ook die “betaal nou, stry later”-beginsel bevestig het. Kosmos…
8 May 8AM 1 min

Polisie vra publiek se hulp oor vermiste joernalis, sy meisie

Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het openbare hulp gevra met die soektog na die vermiste joernalis Sibusiso Ndlovu en sy lewensmaat, Zodwa Mdhluli. Hulle het op 18 Februarie verdwyn nadat hulle hul huis in Mpumalanga verlaat het. Die polisie het die saak herklassifiseer as ontvoering en kaping en die verdagtes…
8 May 8AM 1 min

MK verwerp hofbeslissing oor dubbele burgerskap

Die MK-party sê hy verwerp onomwonde die Konstitusionele Hof se uitspraak wat dubbele burgerskap verseker. Dié beslissing bevestig die Appèlhof se uitspraak wat 'n bepaling van die wet op Burgerskap as onwettig verklaar. Die Konstitusionele Hof het wetgewing as ongrondwetlik verklaar wat Suid-Afrikaners van hulle burgerskap ontneem as hulle die…
8 May 6AM 1 min

Rusland vra te veel - JD Vance

Die Amerikaanse visepresident JD Vance het ‘n geleentheid wat deur die München Sekuriteitskonferensie gereël is bygewoon. Hy het oor die oorlog in Europa gepraat en gesê dat die VSA die toegewings wat Rusland probeer het om die oorlog met Oekraïne te beëindig as 'te veel' beskou. Hy sê die Oekraïne…
8 May 6AM 1 min

Groot hupstoot vir Windhoek-verklaring

Die Namibië Media Trust se Media-stigting het die inskrywing van die 1991 Windhoek-verklaring oor die Bevordering van 'n Onafhanklike en Pluralistiese Afrika-pers in Unesco se Memory of the World-register geloof. Gwen Lister, wat die voorsitter van die oorspronklike konferensie wat die verklaring tot stand gebring het in Brussel besin oor…
8 May 6AM 1 min