
Jhonattan Vegas loop voor by PGA-kampioenskap
Loading player...
Gholf: Jhonattan Vegas van Venezuela het sewe onder 64 aangeteken in die eerste ronde van die Amerikaanse PGA-kampioenskap in Noord-Carolina - twee houe voor die Amerikaner Ryan Gerard en die Australiër Cam Davis. Die Meesterskampioen, Rory McIlroy van Noord-Ierland, het foute begaan en is tien houe agter die voorloper. Die Suid-Afrikaner Garrick Higgo, die wêreld-nommer-een, Scottie Scheffler van Amerika, en sewe ander is saam 20ste op twee onder baansyfer. Vegas sê dit was ʼn ongelooflike begin: