Springbok-vroue op pad na Madagaskar

Loading player...
Rugby: Die 27-jarige slot Anathi Qolo sal die Springbok-vroue na Madagaskar lei, waar hulle volgende maand hulle Rugby Afrika-vrouebeker-titel verdedig. Die drie toetse sal onderskeidelik op 7, 11 en 15 Junie teen Uganda, Kenia en die gasvroue gespeel word op die Stade Makis in Antananarivo. Die Springbok-vroue se prestasie-afrigter, Swys de Bruin, sê Qolo sal 'n groep lei wat 12 nuwe spelers insluit:
16 May 12PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gemeenskapsaktivis kap Stad Windhoek, ECB oor 'samewerking'

Indien die Stad Windhoek se voorgestelde kragtarief-verhoging van 4 persent vir 2025/26 toegestaan word, sal residensiële kliënte 3 persent meer betaal vir krag en pensioenarisse 1 persent meer. Dit beteken dat 100 Namibiese dollar 38,46 eenhede elektrisiteit sal koop, teenoor die ongeveer 40 eenhede wat dit tans koop. Dit kom…
17 Jun 9AM 1 min

DA betreur miljoene SA jeug sonder werk, studies

Die DA-leier John Steenhuisen sê dit is 'n nasionale tragedie dat meer as 8,7-miljoen jongmense nie deel is van die arbeidsmag, onderwys of opleiding nie. Hy het Jeugdag in Mbombela, Mpumalanga, herdenk waar hy die party se planne om jeugwerkloosheid te beveg, uiteengesit het. Steenhuisen sê vanuit die regering kan…
17 Jun 9AM 1 min

Forbes sê dalk Namibië is geslagsgelyk, maar...

Forbes Africa berig dat Namibië Afrika se mees geslagsgelyke ekonomie is, met 'n gemiddelde van 81,1 persent van die geslagsgaping wat gesluit is. Die land is wêreldwyd agste geplaas in die 2025 Wêreld Ekonomiese Forum se Geslagsgapingsverslag. In 'n historiese eerste vir Afrika is beide Namibië se president en vise-president…
17 Jun 6AM 1 min

Soektog na vermistes duur voort in Oos-Kaap

Die Oos-Kaapse regering vra gemeenskapslede om te midde van die stygende dodetal na die onlangse vloed, na vore te kom met inligting oor vermiste geliefdes. 'n Woordvoerder vir die Provinsiale Regering, Khuselwa Rantjie, sê soektogte sal voortduur tot almal gevind is. Sy het die behoefte aan 'n behoorlike stelsels beklemtoon…
17 Jun 6AM 1 min

Mej. Namibië wen 'n huis, met meubels

Die Mej. Namibië 2025-wenner sal 'n volledig gemeubileerde huis ontvang, danksy 'n nuwe vennootskap tussen die NBC, die Mej. Namibië-organisasie en die Nasionale Behuisingsonderneming. Die ooreenkoms, wat van Junie vanjaar tot Junie 2028 geldig is, sluit twee huise per jaar in – een vir Mej. Namibië en een vir NBC…
17 Jun 6AM 1 min