
Raffinadery vir Namibië en Botswana is goeie idee - ekonoom
Loading player...
Reaksie word ontvang op die nuus dat Namibië en Botswana die moontlikheid gaan ondersoek om ‘n gesamentlike olieraffinadery te bou wat nie net aan die brandstofbehoeftes van die twee lande voldoen nie, maar ook van die streek. Dit is van die besluite wat president Netumbo Nandi-Ndaitwah en haar eweknie Duma Boko tydens haar besoek aan Botswana die afgelope week geneem het. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt hieroor gesels: