
Danny Jordaan prys Amajita, SA sokker
Loading player...
Sokker: Die president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging, Danny Jordaan, sê Amajita se 1-0 oorwinning oor Marokko in Kaïro, Egipte, om hul eerste Afrikabeker-titel vir onder-20-spelers te verower, was 'n ongelooflike prestasie. Hy het afrigter Raymond Mdaka geprys vir sy langtermynwerk met die span en sê stabiele afrigting het 'n groot rol in hul sukses gespeel. Jordaan het aan die media gesê dit wys dat Suid-Afrikaanse sokker in alle ouderdomme in 'n sterk posisie is: