SA immigrasiekrisis raak buite beheer: Action SA

Loading player...
ActionSA sê Suid-Afrika worstel met 'n immigrasiekrisis wat buite beheer raak. Lerato Ngobeni van die party sê die land het 'n grens vol gate, 'n binnelandse sake-departement wat ineenstort en 'n regering wat die politieke wil verloor het om op te tree. Sy sê ActionSA het lankal gewaarsku dat onbeheerde en ongedokumenteerde immigrasie wetteloosheid aanwakker, openbare dienste oorweldig en toenemende spanning in gemeenskappe veroorsaak:
20 May 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Rubio verdedig vlugtelingstatus aan wit Afrikaners

Amerika se minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, het die Trump-administrasie se besluit om vlugtelingstatus aan wit Afrikaners toe te staan, verdedig. President Donald Trump beweer wit boere in Suid-Afrika loop deur onder volksmoord en verdien spesiale status. Dit ten spyte daarvan dat hy Amerika se vlugtelingsprogram in Januarie opgeskort…
21 May 6AM 1 min

LPM kies opposisie-eenheid bo tussenverkiesing

Die leier van die Landless People's Movement, Bernadus Swartbooi, het aangekondig dat die party nie aan die komende tussenverkiesings in Junie in vier streke gaan deelneem nie. Swartbooi sê die party gaan eerder fokus op die versterking van eenheid onder opposisiepartye.
21 May 6AM 1 min

Lynministerie reageer op Amupanda se korrupsie-bewerings

Reaksie word ontvang oor AR-leier Job Amupanda se sosiale media-bewerings oor korrupsie met malaria-tablette. Hy sê 'n ondersoekspan het tablette wat deur die Ngoma-grens gekom het onderskep. Volgens 'n verkrygingsbestelling kos een pakkie 580 Namibiese dollar, maar Amupanda beweer die regering het 1 500 per pakkie betaal. 'n Sogenaamde middelman…
21 May 6AM 1 min

Brandstofprys-komitee vergader eers volgende week

Die Sentrale Energiefonds in Suid-Afrika sê dieselpryse kan in Junie met tot 94-sent-per-liter daal, weens dalende wêreld-oliepryse en die rand wat sedert middel April met meer as tien-persent versterk het. Skommelinge in oliepryse en wisselkoerse sal die finale aanpassing beïnvloed. Abednego Ekandjo, petroleum-ekonoom by die energieministerie.
21 May 6AM 1 min