
Cyril-Trump ontmoeting reeds voordelig vir Suider-Afrika
Loading player...
Suider-Afrika, Namibië ingesluit, se oë is vandag op die Withuis, waar Suid-Afrikaanse president Cyril Ramaphosa en Amerikaanse president Donald Trump sal ontmoet. Professor Jannie Rossouw van die Wits Sakeskool sê die samesprekings plaas Suider-Afrika as ontwikkelingstreek weer op die internasionale toneel. Dit sal positief vir die streek wees as die twee presidente sekere handelsooreenkomste kan bereik.