Rubio verdedig vlugtelingstatus aan wit Afrikaners

Loading player...
Amerika se minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, het die Trump-administrasie se besluit om vlugtelingstatus aan wit Afrikaners toe te staan, verdedig. President Donald Trump beweer wit boere in Suid-Afrika loop deur onder volksmoord en verdien spesiale status. Dit ten spyte daarvan dat hy Amerika se vlugtelingsprogram in Januarie opgeskort het. Rubio het aan die Senaat se komitee oor Buitelande Verhoudinge gesê hulle sal mense in die land toelaat solank dit in Amerika se belang is:
21 May 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Straf voertuig-eienaars, nie bestuurders: vervoer-riglyn

Vervoerminister Veikko Nekundi, het 'n riglyn uitgereik aan verkeersbeamptes onder die jurisdiksie van plaaslike owerhede oor bestuurders van voertuie soos taxi's wat deur die voertuie se eienaars aangestel is. Volgens Nekundi beskerm dit die bestuurders en sal onregverdige strawwe verminder. Daarbenewens is die riglyn daarop gemik om openbare vertroue in…
10 Jun 11AM 1 min

Cyril is reg, hervorming en groei sluit mekaar nie uit: IRR

Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê president Cyril Ramaphosa het tereg opgemerk dat ware hervorming en ekonomiese groei mekaar nie uitsluit nie. Die president het in sy weeklikse nuusbrief gesê ekonomiese groei sonder hervorming verskans uitsluiting en hervorming sonder groei is nie volhoubaar nie. Gabriel Crouse van die instituut sê werklike…
10 Jun 11AM 1 min

Rundu-inwoners 'moet help met waterkrisis, rekeninge betaal'

Rundu staar 'n toenemende waterkrisis in die gesig namate vinnige bevolkingsgroei toenemende druk op verouderde infrastruktuur en beperkte watervoorsieningstelsels plaas. Die uitvoerende hoof van die dorpsraad, Olavi Nathanael, het onthul dat die dorp tans slegs 857 kubieke meter water kan voorsien maar daar is 1 400 nodig. Intussen is die…
10 Jun 11AM 1 min

Sonkragsentrum vir Windhoek goeie idee, maar ...

Die Windhoekse munisipaliteit gaan ‘n skenking van sowat 4,35 miljoen Namibiese dollar van Engagement Global se Nakopa-program ontvang om ‘n sonkragsentrum in die hoofstad met die Stad van Berlyn te vestig. Die plaaslike sentrum sal op die suksesvolle een in Berlyn geskoei wees. Dit sal die gebruik van sonkrag bevorder…
10 Jun 10AM 1 min