
Sonkragsentrum vir Windhoek goeie idee, maar ...
Loading player...
Die Windhoekse munisipaliteit gaan ‘n skenking van sowat 4,35 miljoen Namibiese dollar van Engagement Global se Nakopa-program ontvang om ‘n sonkragsentrum in die hoofstad met die Stad van Berlyn te vestig. Die plaaslike sentrum sal op die suksesvolle een in Berlyn geskoei wees. Dit sal die gebruik van sonkrag bevorder deur konsultasies, opleiding en bewusmakingsprogramme vir alle inwoners, veral dié in informele nedersettings. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike energiekenner Harald Schütt oor dié verwikkeling gepraat: