Tyd teen hongersnood in Gaza loop uit

Loading player...
Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram waarsku hy is in ʼn wedloop teen tyd om wydverspreide hongersnood in Gaza te voorkom. Die VN-spanne het meer as 90 vragmotors met humanitêre hulp gereed om na die Gazastrook te neem, dae nadat Israel ʼn blokkade van elf weke opgehef het. Die program se adjunkhoof, Carl Skau, het aan Al Jazeera gesê genoeg kos om die hele bevolking twee maande lank te voed, is gereed om met vasgestelde roetes na Gaza geneem te word:
23 May 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

RedForce in Walvisbaai bly in die nuus

Die Walvisbaai-munisipaliteit se betalingstelsel hou na bewering inwoners in ’n siklus van agterstallige skuld. In plaas daarvan om betalings te gebruik om die huidige maand se rekening te vereffen, ken die stelsel dit toe aan die oudste onbetaalde skuld, wat beteken elke maandelikse rekening word agterstallig. Die munisipaliteit het ook…
9 Jun 3AM 1 min

Sneeu vandag in die Vrystaat voorspel

Die Vrystaatse Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake sê provinsiale rampbestuurspanne het gebeurlikheidsplanne opgestel in afwagting van sneeuneerslae vandag. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het 'n waarskuwing uitgereik vir matige sneeuval in die westelike en suidelike dele van die provinsie. Die departement se woordvoerder, Zimasa Mbewu, sê sneeu sal waarskynlik ook…
9 Jun 3AM 1 min

DA dankbaar vir alle stappe wat Agoa beskerm

Die DA in die Wes-Kaap verwelkom voortgesette pogings om landbou-uitvoermarkte te beskerm. Die party sê die Verenigde State bly 'n kritieke handelsvennoot, veral deur die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, wat belastingvrye toegang vir 'n wye reeks Suid-Afrikaanse landbouprodukte bied. Noko Masipa van die DA sê in 2024…
9 Jun 2AM 1 min

Kalifornië het nie federale hulp aangevra nie

Die goewerneur van Kalifornië, Gavin Newsom, sê die ontplooiing van 2 000 lede van die National Guard in Los Angeles oor die naweek is doelbewus opruiend. Hy waarsku dat dit die spanning net sal laat toeneem. President Donald Trump het die soldate in Los Angeles ontplooi te midde van toenemende…
9 Jun 2AM 1 min

Marquez wen Aragon Grand Prix

Die sesmalige MotoGP-kampioen, Marc Marquez, het sy voorsprong in die motorfietsryerskampioenskap vergroot ná sy vierde oorwinning van die seisoen by die Aragon Grand Prix in Spanje. Sy jonger broer, Alex, is tweede en Francesco Bagnaia is derde. Die Suid-Afrikaner, Brad Binder, kon nie ʼn plek op die podium haal nie…
9 Jun 1AM 1 min