
Namibië leer by Nederland oor groenwaterstof
Loading player...
'n Afvaardiging bestaande uit senior verteenwoordigers van die Namibië Groenwaterstof-instituut, Unam, Nust en staatsinstellings het 'n studietoer na Nederland onderneem, met die doel om die land se groenwaterstof-ambisies te versnel deur kennisdeling en institusionele samewerking. Dit volg op 'n 2024-verslag wat in opdrag van Nederland gelewer is oor Namibië se groenwaterstof-vaardigheidslandskap. Die verslag het geteikende betrokkenheid aanbeveel om kapasiteitsbou vir 'n regverdige en inklusiewe energie-oorgang te ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Jona Musheko, woordvoerder van die Groenwaterstofprogram.