
Mercedes-motors kort meer woema, sê Russell
Loading player...
Motorsport: George Russell glo Mercedes moet beter werkverrigting uit die sy motors haal op die naweek se Grand Prix in Monaco. Die Brit het verlede naweek sewende gekom op die Emilia-Romagna Grand Prix in Imola - die eerste keer dié seisoen dat hy nie onder die voorste vyf was nie. Russell, wat tans vierde is in die bestuurderskampioenskap, sê die nuwe regulasie van twee kuipe-besoeke in Monaco is 'n geleentheid vir Mercedes.