Dis hoe jy veldbrande kan help verhoed

Loading player...
Namibië gaan nou die droë wintermaande binne, wat beteken veldbrande en brande rondom huise kan meer gereeld voorkom. Kosmos 94.1 Nuus het met die Senior Brandveiligheidsinspekteur Fillipus Sikongo van Stad Windhoek Brandweerdienste gepraat, wat wenke gee om veldbrande te voorkom.
27 May 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Verenig oor volksmoord, vra NNN

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die eerste Volksmoordherdenkingsdag vandag in die parlementstuine in Windhoek gebruik om ‘n beroep op Namibiërs te doen om te verenig. Rakende repatriasie-onderhandelinge met Duitsland, het Nandi-Ndaitwah gesê vordering is gemaak, maar bygevoeg: “Niks is ooreengekom totdat alles nie ooreengekom is nie.”
28 May 3AM 1 min

Bedryf versigtig optimisties oor toerisme

Volgens die jongste verslag deur Simonis Storm is die hoogste maandelikse besettingskoers sover vanjaar in April aangeteken op 54,94 persent. Dit is 24,1 persent hoër as in Maart, en effe hoër as die 54,73 persent van April 2019. Dit het verwagtinge laat ontstaan dat die piek-toerismeseisoen in die Namibiese winter…
28 May 2AM 1 min

Ngurare: Verwerk minerale plaaslik

Die Opuwo jaarlikse handelskou vind hierdie week plaas, met die tema "Bemagtig die plaaslike ekonomie deur volhoubare innovasie in groenwaterstof, olie en gas, bewaarareas vir toerisme, en mynbou". Eerste minister Elijah Ngurare het tydens die opening die belangrikheid van mynbou onderstreep en aangedui dat gesprekke oor 'n mineraal-verwerkingsaanleg sal begin.
28 May 1AM 1 min

Liverpool-jaer van poging tot moord aangekla

Die polisie sê die 53-jarige man wat Maandag in Liverpool, Engeland, in ʼn skare ingeploeg het, is weens poging tot moord, roekelose bestuur en bestuur onder die invloed van dwelms vasgetrek. Duisende mense was in die stad se strate vir Liverpool se Premierliga-parade toe die voorval plaasvind. Meer as 50…
28 May 12AM 1 min

Waghond veroordeel xenofobie in Oos-Kaap

Die Suider-Afrikaanse Netwerk vir Immigrante en Vlugtelinge het die onlangse xenofobiese geweld in Addo, in die Oos-Kaap, waar drie buitelandse burgers in vermeende wraakaanvalle dood is na die dood van 'n plaaslike jong man, sterk veroordeel. Claude Kayitare van die organisasie sê meer as 430 mense is ontheem en meer…
27 May 11PM 1 min