
Bedryf versigtig optimisties oor toerisme
Loading player...
Volgens die jongste verslag deur Simonis Storm is die hoogste maandelikse besettingskoers sover vanjaar in April aangeteken op 54,94 persent. Dit is 24,1 persent hoër as in Maart, en effe hoër as die 54,73 persent van April 2019. Dit het verwagtinge laat ontstaan dat die piek-toerismeseisoen in die Namibiese winter beduidende besettingverhogings sal meebring. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Namibiese Gasvryheidsvereniging, wat versigtig optimisties is.