
UP vereer Zanele Mbeki vir bevordering van vroueregte
Loading player...
Die Universiteit van Pretoria se Fakulteit Menslike Wetenskappe het 'n eredoktorsgraad toegeken aan oudpresident Thabo Mbeki se vrou, Zanele, vir haar lewenslange bevordering van 'n inklusiewe samelewing en die regte van vroue. Dit fokus spesifiek op die bemagtiging van landelike vroue en die versterking van hulle stemme. Mbeki het die organisasie Women in Dialogue gestig om 'n stem aan Afrika se vroue te gee. Sy het gegradueerdes aangemoedig om hulle vaardighede te gebruik om hulle uit armoede op te hef: