
Reaksie op BoN wat 3% van buitelandse reserwes in goud sal hou
Loading player...
Die Bank van Namibië gaan tot 3 persent van sy buitelandse valutareserwes in plaaslik-ontginde goud hou, as deel van ’n nuwe diversifikasiereël. Volgens die bank se woordvoerder, Kazembire Zemburuka, word goud nie gebruik om die geldeenheid te steun nie, soos wat in Zimbabwe gedoen word. In Maart het Namibië se buitelandse reserwes tot 59,7 miljard Namibiese dollar gedaal, met invoerdekking van 3,9 maande. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt gepraat wat sy mening hieroor gee.