Vivo se verkoop van Engen, Shell diensstasies in volle swang

Loading player...
Vitol Emerald Bidco, of Vivo Energy in Namibië, het verlede jaar 74 persent van Engen bekom en as deel van die Namibiese Mededingingskommissie se voorwaardes, moet hy van 58 Engen- en Shell-diensstasies in die land ontslae raak. Dit is om billike mededinging te verseker. Die transaksie is tans in die tweede verkoopsperiode, wat einde Mei begin het. Net 13 dienstasies het gekwalifiseer vir die eerste periode. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Dina Gowases, die Mededingingskommissie se woordvoerder, wat meer inligting gee.
2 Jun 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Sentrale bank skets hoogtepunte, ekonomiese uitdagings

Die Bank van Namibië het sy jaarlikse diplomatieke betrekking gehou met hoofde van sendings en multilaterale instellings in die land. Die geleentheid het vanoggend plaasgeving teen die agtergrond van voortslepende onsekerheid in die mark. Die bank se goewerneur, Johannes !Gawaxab het die afgevaardigdes toegespreek en Josefina Oskar, die bank se…
4 Jun 10AM 1 min

Karan-situasie raak ons boere, maar uitvoere na SA reeds minder

Nog kommentaar word ontvang op die nuus dat Karan Beef, Suid-Afrika se grootste voerkraal, positief getoets het vir bek-en-klouseer. Karan Beef koop maandeliks tussen 40 000 en 50 000 kalwers aan en die wegval van hierdie mark sal ‘n enorme uitwerking op die speenkalfprys hê. Namibiese produsente word ook geraak…
4 Jun 10AM 1 min

Olieraffinadery saam met Botswana 'maak sin'

Namibië se ambisies om 'n plaaslike olieraffinadery te ontwikkel, kan ernstige uitdagings in die gesig staar, met lae nasionale brandstofvraag en hoë kapitaalvereistes wat as belangrike struikelblokke na vore kom. ‘n Raffinadery benodig vraag van tot 300 000 vate daagliks en kan tot 90 miljard Namibiese dollar kos om op…
4 Jun 10AM 1 min

Goeie vooruitsigte vir groei in privaatsektor kredietverlening

Die jaarlikse groei in privaatsektor kredietverlening in April was 4,5 persent, effe laer as die 5 persent wat in Maart aangeteken is, maar aansienlik hoër as die 1,6 persent in April 2024. Besighede bly die hoofbydraers met groei van 7,1 persent op ‘n jaargrondslag, terwyl huishoudelike kredietgroei effens gedaal het…
4 Jun 9AM 1 min

KI 'gaan toekomstige oorloë oorheers'

Die voormalige Amerikaanse ambassadeur by Navo, Kay Bailey Hutchison, sê kunsmatige intelligensie sal oorlog in die toekoms oorheers. Besteding op verdediging, veral binne Navo, is op die Europese en Britse agenda. Bailey Hutchison het met Sky News gepraat.
4 Jun 9AM 1 min