
Britte het groot planne vir verdediging
Loading player...
Brittanje het aangekondig dat hy 12 nuwe aanvalsduikbote gaan bou. Die land het 'n groot verdedigingshersiening van stapel gestuur wat die land meer oorlogsgereed sal maak. Die eerste minister, Keir Starmer, het oorlog in Europa, nuwe kernkragrisiko's, daaglikse kuberaanvalle en toenemende Russiese aggressie gelys as bedreigings. Generaal Sir Richard Barons, mede-outeur van die Strategiese Verdedigingsoorsig, het aan SkyNews gesê die land moet gereed wees vir alle aanvalle.