SAPD-lede moet met seksoortrederlys vergelyk word

Loading player...
Build One South Africa doen 'n beroep op polisieminister Senzo Mchunu om alle polisielede dringend binne die volgende drie maande teen die seksoortredersregister na te gaan. Die oproep kom nadat dit aan die lig gekom het dat minder as 0,14-persent van polisiepersoneel hierdie toets ondergaan het. BOSA eis ook 'n volledige oudit van vorige en huidige personeel om potensiële oortreders te identifiseer. Roger Solomons van BOSA sê vertroue in die polisie is onmoontlik sonder behoorlike keuring, veral te midde van die krisis met seksuele geweld:
2 Jun 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA koop R70m se entstof teen bek-en-klouseer

Suid-Afrika se minister van landbou, John Steenhuisen, sê sy departement het meer as 900 000 dosisse entstof ter waarde van 70 miljoen rand bestel om die bek-en-klouseer-uitbrekings in die land te bekamp. Hy sê diere sal ingeënt word in alle gebiede wat die departement geprioritiseer het. Steenhuisen sê Limpopo en…
8 Jun 12AM 1 min

Op jul merke, gereed, Comrades!

Die Comrades-marathonvereniging sê alles is gereed vir die groot jaarlikse wedloop. Vanjaar se afdraande-wedloop, van Pietermaritzburg na Durban, het 'n rekordaantal 24 000 inskrywings. Die hoofbestuurder van die Vereniging, Alain Dalais sê as gevolg hiervan moes 'n paar veranderinge aangebring word om die veiligheid van atlete te verseker. Een van…
8 Jun 12AM 1 min

Gaping vir Namibië om EV-battery te vervaardig

Die Internasionale Energie-agentskap berig dat 17,3 miljoen elektriese motors in 2024 wêreldwyd geproduseer is, ongeveer 'n kwart meer as in 2023. Dit was grotendeels as gevolg van verhoogde produksie in China, wat 12,4 miljoen elektriese motors, of meer as 70 persent van globale produksie opgelewer het. Die opswaai is te…
7 Jun 5AM 1 min

Geen genade op Loftus in VRK-halfeindstryd

Rugby: Daar sal geen genade wees wanneer die Bulle en die Haaie mekaar vandag op Loftus in Pretoria aandurf nie. Dit gaan hier oor 'n plek in die eindronde van die Verenigde Rugbykampioenskap. Die afskop op Loftus is kwart-oor-ses. In die ander halfeindstryd is Leinster op hulle tuisveld in Dublin…
7 Jun 5AM 1 min

Konsepplan aangeneem vir Katima Mulilo eenstop-grenspos

Namibië en Zambië se gesamentlike bestuurskomitee vir 'n eenstop-grenspos by Katima Mulilo het in Livingstone, Zambië, 'n konsep-implementeringsplan en bestuursraamwerk aangeneem, met die doel om die plan binne 'n maand te finaliseer en die projek binne 18 maande te voltooi. Die Namibië Inkomste-agentskapskommissaris Sam Shivute en Zambië se permanente handelsekretaris…
7 Jun 2AM 1 min