
Namibiese sakelui moet ook tot omgewing bydra
Loading player...
Die finansministerie gaan ‘n raamwerk ontwikkel wat private beleggings in klimaatsprojekte bevorder. ‘n Parlementêre komitee het versoek dat inkomste uit koolstofmarkte die Aanpassingsfonds ondersteun en dring aan op die spoedige vestiging van ‘n fonds vir klimaatsrampe. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die plaaslike ekoloog, dr. Peter Cunningham, wat sê besighede behoort ook betrokke te raak.