
Sangoma verskyn op klagte van moord op kind, 2
Loading player...
'n Vyftig-jarige sangoma van Lesotho, Sebokoana Khounyana, het in die hof in Vanderbijlpark verskyn vir die moord met voorbedagte rade en mensehandel van die twee-jarige Kutlwano Shalaba. Die kind se ma, Kuneuwe Shalaba, staan ook tereg op 'n aanklag van moord. Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, Lumka Mahanjana, sê die kind is vergiftig en in 'n vlak graf begrawe. Sy het bevestig borgtog is teengestaan vir beide beskuldigdes en die saak is tot Donderdag uitgestel: