Gaza-skietery: Guterres vra onafhanklike ondersoek

Loading player...
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, vra ʼn onafhanklike ondersoek na die dood van Palestyne naby ʼn hulpverspreidingsentrum in Gaza. Minstens 31 mense is Sondag dood toe die Israelse weermag na bewering op burgerlikes geskiet het naby die Amerikaans- en Israel-gesteunde Gaza Humanitêre Stigting se voedselsentrum. Israel ontken ten sterkste dat hy betrokke was. Guterres sê dis onaanvaarbaar dat Palestyne hul lewe waag om kos te kry. Sy woordvoerder Stephane Dujarric.
3 Jun 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA koop R70m se entstof teen bek-en-klouseer

Suid-Afrika se minister van landbou, John Steenhuisen, sê sy departement het meer as 900 000 dosisse entstof ter waarde van 70 miljoen rand bestel om die bek-en-klouseer-uitbrekings in die land te bekamp. Hy sê diere sal ingeënt word in alle gebiede wat die departement geprioritiseer het. Steenhuisen sê Limpopo en…
8 Jun 12AM 1 min

Op jul merke, gereed, Comrades!

Die Comrades-marathonvereniging sê alles is gereed vir die groot jaarlikse wedloop. Vanjaar se afdraande-wedloop, van Pietermaritzburg na Durban, het 'n rekordaantal 24 000 inskrywings. Die hoofbestuurder van die Vereniging, Alain Dalais sê as gevolg hiervan moes 'n paar veranderinge aangebring word om die veiligheid van atlete te verseker. Een van…
8 Jun 12AM 1 min

Gaping vir Namibië om EV-battery te vervaardig

Die Internasionale Energie-agentskap berig dat 17,3 miljoen elektriese motors in 2024 wêreldwyd geproduseer is, ongeveer 'n kwart meer as in 2023. Dit was grotendeels as gevolg van verhoogde produksie in China, wat 12,4 miljoen elektriese motors, of meer as 70 persent van globale produksie opgelewer het. Die opswaai is te…
7 Jun 5AM 1 min

Geen genade op Loftus in VRK-halfeindstryd

Rugby: Daar sal geen genade wees wanneer die Bulle en die Haaie mekaar vandag op Loftus in Pretoria aandurf nie. Dit gaan hier oor 'n plek in die eindronde van die Verenigde Rugbykampioenskap. Die afskop op Loftus is kwart-oor-ses. In die ander halfeindstryd is Leinster op hulle tuisveld in Dublin…
7 Jun 5AM 1 min

Konsepplan aangeneem vir Katima Mulilo eenstop-grenspos

Namibië en Zambië se gesamentlike bestuurskomitee vir 'n eenstop-grenspos by Katima Mulilo het in Livingstone, Zambië, 'n konsep-implementeringsplan en bestuursraamwerk aangeneem, met die doel om die plan binne 'n maand te finaliseer en die projek binne 18 maande te voltooi. Die Namibië Inkomste-agentskapskommissaris Sam Shivute en Zambië se permanente handelsekretaris…
7 Jun 2AM 1 min